MOSSELBAAI NUUS - Veldbrand wat vroeg Maandagmiddag in die Brandwag-omgewing op 'n plaas ontstaan het, is kort voor 18:00 deur brandbestryders van Mosselbaai-munisipaliteit se brand- en rampbestuur geblus.
Die R328 was deurentyd oop vir verkeer hoewel digte rook oor die brandarea gehang het.
Personeel van die provinsiale verkeersdienste het deurentyd die situasie gemonitor.
Die oorsaak van die brand, wat langs die R328 ontstaan het, word ondersoek.
Die brand het op die buurplaas van Kobus Crous, vliënier en ervare brandbestryder ontstaan. Crous sê hoewel hy die nodige toerusting gekoppel het, was dit nie nodig om die helikopter vir brandbestryding aan te wend nie.
Verkeer is op die R328, regs op die foto sigbaar.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'