Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Mosselbaai munisipaliteit het vandag weer met verskeie rolspelers inisiatiewe om inwoners se veiligheid te verseker, aangespreek.
Knelpuntareas word toenemend gepatrolleer, ook deur lede van die buurtwagte en die munisipale wetstoepassers.
Die polisie is ook gevra vir groter sigbaarheid en misdaadvoorkomingsoptredes by areas wat gereeld deur misdadigers geteiken word.
Raadslid Anton Dellemijn, uitvoerende burgemeestetskomiteelid vir infrastruktuur-ontwikkeling wen veiligheid, sê hoewel die munisipaliteit nie 'n veiligheidsmandaat het nie, speel die plaaslike owerheid 'n onmisbare rol as koördineerder van inisiatiewe om veiligheid te bevorder.
"Die rol van effektiewe buurtwagte in die bekamping van misdaad kan nie genoeg beklemtoon word nie.
Die polisie, wetstoepassers en privaat sekuriteitsmaatskappye word goed ondersteun deur die onderskeie buurtwagte.
Ek doen 'n ernstige beroep op die gemeenskap om by buurtwagte betrokke te raak. Ek bedank elke polisielid, wetstoepasser en buurtwaglid vir hul onbaatsugtige diens aan Mosselbaaiers.
'n Veilige omgewing lok toerisme, lok investering en dra by tot werkskepping. Só kan die dorp en plaaslike ekonomie groei en vooruitgaan."
Kyk 'n video hieronder.
Raadslid Anton Dellemijn (links) praat met kol Harzenberg, bevelvoerder van Da Gamaskop-polisiestasie en munisipale woordvorder Colin Puren oor inisiatiewe om veiligheid by knelpunte in Mosselbaai op te skerp.
ARTIKEL, VIDEO EN FOTO'S: NICKEY LE ROUX, MOSSEL BAY ADVERTISER NUUSREDAKTEUR
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'