MOSSELBAAI NUUS - "Mosselbaai-munisipaliteit, in samewerking met ons gemeenskap, sal nie misdaad duld nie en alles moontlik sal gedoen word om 'n veiliger omgewing vir ons gemeenskap te verseker. Hierdie boodskap kan maar versprei word."
Hiermee het die waarnemende burgemeester, raadsheer Dirk Kotzé, het gemeenskap versoek om by die raad se program ter verbetering van gemeenskapsveiligheid betrokke te raak.
"Die rede vir die gefokusde benadering tot gemeenskapsveiligheid is eenvoudig. Mosselbaai-munisipaliteit is 'n plaaslike regering wat omgee en reageer op die behoeftes van ons gemeenskap. Die gemeenskap het hul kommer uitgespreek oor die toename in misdaad. Die munisipaliteit het daarop reageer. Ons nooi die gemeenskap om betrokke te raak by die netwerk van openbare vergaderings wat vanaf Maandag, 9 November sal plaasvind," nooi Kotzé.
Tydens die openbare vergaderings, sal uitvoerende bestuurder van gemeenskapsveiligheid, Colin Puren, die gemeenskapsveiligheidsplan verduidelik en die bespreking daaroor fasiliteer.
Verskeie belanghebbendes uit die veiligheids- en sekerheidsgemeenskap sal ook die vergaderings bywoon wat in al 14 die munisipale wyke plaasvind.
Die datums is soos volg:
- 10 November: Stadsaal - Wyk 6 en 8;
- 12 November: Joe Slovo-gemeenskapsaal - Wyk 12;
- 16 November: Binnenshuise Sportsentrum - Wyk 13; 17 November: Hartenbos-biblioteeksaal - Wyk 10;
- 18 November: Sonskynvallei-gemeenskapsaal - Wyk 7;
- 19 November: Danabaai-gemeenskapsaal - Wyk 11;
- 24 November: D'Almeida-gemeenskapsaal - Wyk 11;
- 26 November: St John's Anglikaanse Kerk (Herbertsdale) - Wyk 7;
- 1 Desember: Boggomsbaai-gemeenskapsaal - Wyk 7;
- 2 Desember: KwaNonqaba-gemeenskapsaal - Wyk 1, 2 en 3;
- 3 Desember: Rheebok-gemeenskapsaal - Wyk 4 en 5.
Vergaderings begin om 19:00.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'