Vasgevang, is 'n boek gebaseer op 'n enkelouer se versteekte pyn en daaglikse stryd met haar sterwende, tik-kop seun. Nes haar vorige boek beloof Vasgevang om ook 'n treffende boek te wees wat verandering in die gemeenskap gaan meëbring.
Boekbekendstelling
'n Boekbekendstelling van hierdie besondere boek vind op Saterdag, 31 Maart om 18:00 in die All Saints Kerksaal in Mosselbaai plaas. Dié bekendstelling gaan gepaard met sangitems deur opkomende sangers wat die aand met hul stemme gaan betower, 'n hartroerende drama deur Drama in Paradise, en 'n dansgroep.
Die hoogtepunt van die aand is wanneer die gasspreker, 'n gewese tik-verslaafde, sy lewens-getuienis gaan lewer. Hierdie boekbekendstelling behoort niemand mis te loop nie. Daar is iets van alles vir die hele familie. Oud en jonk is welkom om die bekendstelling op hierdie spesiale aand by te woon.
Toegang beloop R20 per persoon endie boek kos 'n skamele R80. Toegang vir kinders onder 12 jaar is R10. Vir die bespreking van kaartjies, kontak asseblief Chilli Bruintjies by 076 274 8942. Kaartjies is ook verkrygbaar by 733 Alhofrylaan Uitbreiding 8 in Mosselbaai.
.jpg)
Litticia Tarentaal stel op Saterdag, 31 Maart, om 18:00 haar tweede boek, Vasgevang, in Mosselbaai bekend. Die bekendstelling vind in die All Saints Kerksaal plaas.