MOSSELBAAI NUUS - Die onwettige verwydering van plaveiselstene van sypaadjies in die onderskeie woonbuurte in Mosselbaai is ‘n groot kopseer vir die munisipaliteit.
Nie net laat die die woonbuurte onooglik en onversorg voorkom nie, dit skep ook die indruk die gemeenskap geen trots of waardering vir die opgraderingswerk het nie.
Boonop sal die munisipaliteit die plaveiselstene wat verwyder word, nie weer vervang nie.
Dit is net te duur om telkens die plaveistene te vervang.
Boonop moet onnodige verdere koste aangegaan word om die gevandaliseerde areas te rehabiliteer deur die plaveisel met teer te vervang.
Dié fondse kon voorsiening gemaak het vir ander, noodsaaklike dienste.
Die munisipaliteit versoek die gemeenskap om voorvalle waar plaveistene verwyder word, by 044 606 5000 of per SMS by 44802 aan te meld.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'