Daar aangekom, is die studente onmiddellik in spanne met spanleiers opgedeel, wat deur die loop van die naweek gewissel het. Die hele tyd was daar groot kompetisie tussen die spanne (Groot Vyf). Hierna is kampont-ruiming in geval van noodsituasies, geoefen, gevolg deur die keuse van 'n skuilplek en almal het ingespring om hul tentjies op te slaan. Binne 'n uur het 'n pragtige, kleurryke tente-
dorp verrys en groot opgewondenheid het geheers, want vir baie van die kinders was dit hul eerste slaap in 'n tent.
Die hindernisbaan het gesorg vir baie pret, maar ook vir dinkwerk, want alles was soda-nig opgestel dat die einddoel, naamlik leierskapontwikkeling en spanwerk deurlopend bereik kon word. Vaardighede soos die maak van verskillende knope, waarneming vir oorlewing, tegnieke om veldkos en water in die hande te kry en vele meer, is prakties aangebied met aktiewe deelname deur die kinders.
So tussen die bedrywighede deur is daar ook aandag geskenk aan kultuursake soos tradisionele kos, sport en speletjies. Toutrek, jukskei gooi en sakresies het gesorg vir erge kompetisie en aanmoediging deur spanmaats.
Daar is weereens besef hoe belangrik dit is om die jeug veld toe te vat. Die stralende, vuil gesiggies was genoeg beloning vir al die moeite en verantwoordelikheid wat gepaard gaan met so 'n uitstappie. "Indien ons planeet aarde vir komende geslagte wil bewaar, sal elke ouer moet besef waar die eintlike resep lê: IN DIE VELD.
Dit is hier waar die Skepper wag om met ons, en veral met ons kinders te praat. Maar dan moet daar stilte wees, want ons moet lui-ster en kyk… die naggeluide, die sterretjies wat flikker, die stroompie wat kabbe, dit is Sy stem wat daar praat."
Die volledige kursus is op CD by die SJB-kantoor in Voorbaai beskikbaar. Skakel Melinda Bosch by 044 965 2319 vir navrae.

Oom Alvin help met die skyfskiet.