MOSSELBAAI NUUS - Die Mosselbaaise Houtwerkersgilde se maandelikse vergadering vind op Dinsdag, 7 September om 18:00 aan huis van Sias Coetsee, Katjiepieringstraat 27, Hartenbosheuwels plaas.
Die byeenkoms is ook die gilde se jaarlikse sop- en sjerrie-aand. "Gades is welkom by die geselligheid."
Dit sal 'n kort vergadering wees en daarna gesellig saam gekuier word.
Covid-19-reëls sal toegepas word en die lokaal is ruim genoeg vir sosiale afstand.
"Laat weet asseblief of jy kom saam kuier, dan sal Heleen sorg vir genoeg en lekker sop," nooi Sias.
Bevestig met Sias (082 821 7164) of Heleen (082 454 5724).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'