MOSSELBAAI NUUS - Twee vriende was vanoggend, Donderdag 29 Februarie, in ‘n ongeluk betrokke op die kruising van Marsh- en Kerkstraat. Die ongeluk het net voor 11:00 plaasgevind.
Eers na die ongeluk het die twee besef dat hulle vriende is. Die ongeluk was tussen ‘n motorfiets en ‘n Hyundai.
Die man op die motorfiets het sowat 5m vanaf sy motorfiets op die teerpad te lande gekom. Hy het ernstige beserings aan sy skouer opgedoen. Nooddienspersoneel was op die toneel en die motorfietsryer is na die hospitaal geneem vir behandeling. Die bestuurder van die Hyundai is ongedeerd.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’