MOSSELBAAI NUUS - As twee vissermanne nodig is om een vis in die boot te kry, moet jy weet die vis is 'n knewel en die vissermanne beslis nie meer vandag se kinders nie.
So 'n gelukskoot het twee plaaslike vissermanne te beurt geval toe hulle op Donderdag, 15 April vanaf die skiboot Wet en Wild 'n spog-kabeljou van 45kg geland het.
André Nelson, die skipper en eienaar van die boot en Ikabod Edwards, beide 60 jaar oud het die vis met tjokka by die saagmeule, tussen Klein-Brakrivier en Hartenbos van die boot af gevang.
"Ons is twee ou manne en dit was 'n spanpoging om die vis op die boot te kry. Eers sowat twee ure later en met 'n groot gesukkel het ons die vis in die boot gehad," het Edwards aan Mossel Bay Advertiser gesê.
Volgens Edwards vang hulle maar vir hulself en het hulle die vis opgesny en tussen mekaar verdeel.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'