MOSSELBAAI NUUS - Mosselbaai brand-, redding- en rampbestuursdiens het op Donderdag, 22 Desember omstreeks 9:00 ‘n brand geblus in Kaapweg, naby Laerskool Park, Mosselbaai, nadat ‘n voertuig aan die brand geslaan het.
Die pad was vir ‘n ruk gesluit gewees vir verkeer.
Geen persoon is tydens die voorval beseer nie en die oorsaak van die brand is nie bekend nie.
Volgens die woordvoerder van die Mosselbaai-munisipaliteit, Cornelle Carstens, het nog 'n motor, Woensdagmiddag, 21 Desember, op Bill Jeffrey-rylaan uitgebrand.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'