MOSSELBAAI NUUS - Die 10-jarige Jacklin Daniels en sy sesjarige sussie Chené het besluit dat hulle 'n verskil in iemand se lewe wil maak en terselfdertyd sommer ook gaan sorg dat hulle dorp 'n skoner plek is.
Dié twee jong inwonertjies van Calitzdorp het gehoor dat 500kg of meer plastiekproppies vir iemand 'n rolstoel kan "koop".
Hulle het dadelik besluit om die proppies wat hulle optel vir Hartenbos-versorgingsoord te skenk want hulle pa se werkgewer het 'n familielid in hierdie aftreeoord.
Die twee het oral waar hulle kom proppies opgetel en sommer gou drie sakke volgemaak.
Hulle wil ander kinders inspireer om ook iets goeds vir ander te doen.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'