MOSSELBAAI NUUS - Mosselbaai-tuinbouklub se laaste vergadering was by die pragtige Dibiki-vakansieoord se Babiki-koffiewinkel gehou.
Sprekers het ingesluit Mosselbaai se uitvoerende onderburgemeester, raadslid Dirk Kotzé, asook Johan Gie van Eden-afvalbestuur.
Gie het genoem dat daar tot 30% organiese material, waarmee kompos gemaak kan word, na die ashope toe gaan wat die opbou van metaangas, 'n toksiese gas, veroorsaak. Sedert 1 Julie is swart-, blou- en groensakke beskikbaar vir afvalverwydering en herwinning. Gie het almal aangemoedig om komposhouers en wurmplase te begin.
Hy het aangedui dat daar ook verskeie punte is waar mens, gebruikte motorolie en elektroniese afval kan aflewer. Meer inligting is verskaf aangaande wurmplase gegee en tuinbouklublede is aangemoedig om eierbokse en -doppe, koerante, koffiemoer, teesakkies asook groente- en vrugteskille vir die wurms te voer.
Raadslid Dirk Kotzé het gesels oor die wetlike aspekte van die boorgate. Hy het ook vertel dat die Mosselbaai-munisipaliteit in 2017 as die mees volhoubare munisipaliteit in die land aangewys is. Hy het uitgewei oor die waterfront-ontwikkeling in samewerking met Urban Renewable Committee waarvan Transnet en PetroSA ook deel is.
Daar is genoem van die beveiliging van die St Blaize-staproete en die ontwikkeling van ander toerismeroetes na onder meer Friemersheim, asook die plaaslike erfenisgeboue. Inliting oor die beveiliging van die dorp was ook baie insiggewend.
Johan Gie van Eden-afvalbestuur saam met Mosselbaai-tuinbouklublede Mimmi Butler, Thora van der Merwe, Marilyn Collins by haar wurmplaas in die voorgrond, Kathy Ungerer, Linda Klein en raadslid Dirk Kotzé, die onderburgermeester van Mosselbaai.
Na hierdie interessante praatjies, het Rita Blake nuttige inligting oor die maak van protea- en fynbosplantjies gegee.
Die tuinbouklub vergader weer op 16 Augustus om 09:30 by die botaniese tuine in George. Die gasspreker Colin Ralston, 'n trustee van die botaniese tuine wat sal gesels oor ongewone vondse in dié tuine.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'