Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Alle paaie lei na Mosselbaai, trots die Kwêla Dorp van die Jaar 2017/2018.
Mosselbaai spog nie net met ongeëwenaarde natuurskoon en uiters gematidigde klimaat nie, maar met behoorlike infrastruktuur, topklas toerismefasiliteite, wêreldklas mediese fasiliteite en 'n plaaslike owerheid wat reeds ses keer agtereenvolgens met 'n skoon oudit kan spog, en waar dienslewering 'n passie is.
Besoek Mosselbaai en beleef self waarom die inwoners trots is om Mosselbaaiers genoem te word.
Kyk die amptelike video, wat as deel van die Kwêla Dorp van die Jaar oor Mosselbaai gemaak is, hieronder.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'