Gallery
MOSSELBAAI NUUS - Op Vrydag, 11 Februarie het ongeveer 30 spanne van Graad 8 tot 12 aan Hoërskool Punt se Trolley Dash deelgeneem.
Die dag het beloof om vir groot opwinding te sorg en het definitief nie teleurgestel nie.
Daar was verskeie kategorieë waaraan die leerders kon deelneem. Hulle kon kreatief wees met trollies wat geskenk was vir die dag. Die tweede kategorie het bestaan uit outydse en eenvoudige resies om 'n baan in trollies.
Die resiesbaan was uiteengesit voor die koshuis (Huis Pepler) en die leerders het in hulle onderskeie graadgroepe deelgeneem om te sien wie se trollie die vinnigste is.
Na baie noue ontkomings was die wenners gekroon. Die span wat met die louere weggestap het op die dag was die Auzies (drie leerders van 8A6). Hulle het gewys dat as jy hulle saamneem supermark toe, hulle nie lank sal neem om deur al die rakke te stap nie.
Spanne wat meer kreatief was, kon trollies versier het. Daar was Formule 1-tipe resiesmotors met rook en stoom wat 'n mens die idee gegee het dat jy op Abu Dabi se resiesbaan gesit het.
Daar was ook leerders wat hul trollie versier het met groen blare en het 'n beroep gedoen op almal daar om die omgewing te bewaar.
Punt bedank elke onderneming wat trollies geskenk het vir die dag, asook die wat kontant geborg het. "Ons is baie dankbaar vir elkeen se bydrae. Ons hoop om julle almal volgende jaar weer daar te sien."
Foto's: Boshoff Photography
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'