Gallery Video
MOSSEL BAY NEWS & VIDEO - Sterk, veerkragtige en vindingryke vroue het 'n groot rol in Suid-Afrika se ryk, dikwels stormagtige geskiedenis gespeel. Gemeenskappe is dikwels in moeilike omstandighede bymekaar gehou deur die krag van vroue.
Midde-in Suid-Afrika se uiteenlopende kulturele erfenis, staan vroue sentraal tot die hart van gesinslewe as die sorggewers, koesteraars en handhawers van heilsame waardes.
In die lig hiervan, het Hoërskool Sao Bras vandeesweek, ter viering van Nasionale Vrouedag, 'n ope uitnodiging gerig aan die vroue van die gemeenskap waarbinne die skool funksioneer om 'n bietjie gepamperlang te word. Die vroue kon na skool Dinsdag kom agteroorsit, terwyl van die leerders hulle hande en naels versorg.
Klik hier vir 'n fotogalery.
"Hiermee wou ons die boodskap oordra dat ons die hande van die fondasieleggers in ons gemeenskappe wil vertroetel. Die hande wat werk, troos en versorg," sê Debbie Jeffrey wat die projek geïnisieer het. Sy bedank die span jong opvoeders wat eweneens entoesiasties was om die projek 'n sukses te maak.
Kyk 'n video hieronder:
Foto's: Cornelle Carstens
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'