MOSSELBAAI NUUS - Die Mosselbaai Sport- en Rekreasiefees loop dié naweek ten einde met die Mosselbaai Trekfees, wat by die Van Riebeeck Stadion plaasvind. Die geleentheid word deur die Eden Toutrekfederasie aangebied en begin môreoggend, 21 Oktober, om 08:30 met die prysuitdeling om 16:00.
Seuns-, meisies- en sal teen mekaar meeding vir die top-posisies. Daar is ook ander pryse op die spel, wat insluit die mees oorspronklike kleredrag, die besgeklede span (eenvormig) en vir die span met die beste gees.
Met Oktober in die volksmond bekend as die "Mooiste maand" en omdat dit lente is, sal helder kleure as maatstaf gebruik word om die mees oorspronklik geklede span aan te wys.
Vir meer inligting kontak: Barries of Chantelle (083 561 0964 of 072 444 9005).
Die Mosselbaai Sport- en Rekreasiefees is vanjaar vir die 10de keer aangebied, en word deur die Mosselbaai-munisipaliteit gefasiliteer. Tydens die fees, wat op 8 September begin het, word die gebruik van munisipale fasiliteite gratis aangebied.
Meer as 40 sportkodes was deel van vanjaar se sportfees. Gure weer het van die geleenthede effe omvergewerp.
Feeste en geleenthede word deur die munisipaliteit verwelkom as ‘n manier om stukrag aan die plaaslike ekonomie te gee. Ekonomiese groei is een van die Raad se strategiese doelwitte, wat deel vorm van die GROEI-strategie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’