MOSSELBAAI NUUS - TotalEnergies Petroport Mosselbaai is in Augustus 2022 deur nuwe bestuur oorgeneem en die vulstasie spog met imposante beeldhouwerke van staaldiere en 'n boerbokkamp om besoekers te verwelkom.
Hul eerste liefdadigheidsprojek is om saam met Helpende Hand geld in te samel om die inwoners van die ACVV ouetehuise se kamers te verfraai.
Meer as dertig kamers is reeds oorgedoen en vyf van Ons Huis moet nog gedoen word. Die Ons Rus ouetehuis is volgende op die lys.
'n Spesiale driegang-maaltyd word op Valentynsdag, Dinsdag 14 Februarie by die Mugg & Bean restaurant by die petrolstasie aangebied waarvan die wins vir die opknappingsprojek geskenk gaan word. Baie van die verskaffers gee van hul produkte teen verlaagde pryse of verniet om sodoende maksimale wins te genereer vir die Helpende Hand projek.
Kaartjies is beskikbaar vir die Valentynsete en drankies teen R800 vir twee persone.
Volgens die bemarkingsbestuurder van Total Petroport, JP Priem het die nuwe bestuur ten doel om 'n verskil aan mense se lewens te maak.
"Ons fokus is op diens en netheid en ons strewe daarna om elke dag beter te doen as gister. 'n Beeldhouer van Melkbosstrand het die kunswerke geskep en die boerbokkamp is opgerig in vennootskap met 'n boer van die omgewing. "Mense moet die ervaring geniet om by ons te stop en nie net om die motor se tenk met brandstof te vul nie, maar ook om in die natuur asem te skep."
Besprekings vir die heerlike ete kan gemaak word by 076 780 4667.
'n Spesiale driegang-maaltyd word op Valentynsdag, Dinsdag 14 Februarie by die Mugg & Bean restaurant by die petrolstasie aangebied waarvan die wins vir die opknappingsprojek geskenk gaan word.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'