MOSSELBAAI NUUS - Die burgemeesters-kantoor is op 14 Maart omskep in 'n wafferse filmateljee toe die gesoute joernalis, Lourensa Eckard van kykNET se In Gesprek met die burgemeester van Mosselbaai, Dirk Kotzé gesels het.
Van die onderwerpe tydens die uurlange gesprek het ingesluit, hoe suksesvolle vennootskappe die Mosselbaai-munisipaliteit se hande sterk in goeie bestuur en daar is uitgewei oor die inisiatiewe wat beplan word om gemeenskapsontwikkeling te bestuur.
Op 'n ligter trant is gesels oor die St Blaize-staproete as een van die talle aantreklikhede wat besoekers na die ikoniese Mosselbaai toe lok en ook, oor die dorp en omgewing wat tans 'n uiters gewilde bestemming vir semigrasie is.
Inisiatiewe om beurtkrag te bestuur, was ook onder bespreking.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'