MOSSELBAAI NUUS - Die Eden Photographic Society (EPS) het hulle 2022 klubaktiwiteite onlangs met 'n glansryke eindjaarfunksie by die Diaz Hotel afgesluit.
Die gaste is op 'n rooi tapyt, in regte Hollywood- en Papparazi styl, deur die klubvoorsitter, Johan van Aarde verwelkom.
Die hoogtepunt van die aand was die bekendstel en ingebruik neem van die nuwe wisseltrofeë wat voortaan jaarliks gebruik sal word.
Die wisseltrofeë is deur Diane Roets, weduwee van Alwyn die stigterslid van EPS, vir die eerste keer aan die ontvangers oorhandig. Pragtige trofeë is ook aan die wenners in die onderskeie kategorieë oorhandig.
Johan Steyn is aangewys as EPS se senior fotograaf van die jaar, met Gerda Fouche tweede en Elizabeth Nicholson derde. As junior fotograaf van die jaar is Marianna Erasmus die wenner, Johanna Delport tweede is Lucia Greeff derde.
Pragtige trofeë is ook aan die wenners in die onderskeie kategorieë oorhandig.
Die Eden Photographic Society skop die nuwe jaar op 'n positiewe noot af met die eerste vergadering wat op 14 Februarie (elke tweede Dinsdag van die maand) om 19:00 in die Diaz Hotel konferensiekamer plaasvind.
Besoekers en belangstellendes is baie welkom om die klubaand by te woon. Vir navrae, skakel Johan van Aarde (084 760 0602) of Michael van Schalkwyk (082 953 7671).
Elizabeth Nicholson (derde), Gerda Fouche (tweede) en Johan Steyn (eerste) is die onderskeie wenners in die afdeling van senior fotograaf van die jaar.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'