Gallery
MOSSELBAAI NUUS - Die drie spanne wat aan die Toetertoe trofee deelgeneem het, het ná hul besoek aan die Mosselbaai area na die Kaap gereis waar hulle Kersfees by een van die ouerhuise gevier het.
Daar het hulle die 26ste Desember na Clanwilliam vertrek, en vandaar het hulle besluit om die weskus roete te volg.
Tussen Groenriviermond en Garries het hulle ‘n papwiel gekry en eers in die snikhete hitte agtergekom dat die spaarband nie pas nie.
FOTOGALERY: Toetertoe trofee kom op 'n einde
Ook nie een van die ander motors se spaarband het gepas nie. Maar met die deursettingsvermoë wat hul voorouers kaalvoet oor die Drakensberge laat trek het, het die jongelinge tussen 21 en 25 jaar oud nie tou opgegooi nie.
Selfs al moes daar dringende herstelwerk aan die motors gedoen word. Volgens Rika Lubbe, een van twee dames tussen die nege mans, het hulle besluit om die Augrabies watervalle te besoek.
“Dit was ‘n ongelooflike ervaring om die valle in vloed te sien. Ons het soveel beleef en gesien tydens ons Toetertoe-reis.”
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’