MOSSELBAAI NUUS - Die nodige beplanning is gedoen en inwoners sal vroegtydig ingelig word sou die toegang na Danabaai weer versper word en of die pad na Mosselbaai toe is, berig die Danabaai Wykskomitee.
Die nodige owerhede en instansies is aan diens om enige situasie wat mag ontstaan te hanteer.
Inwoners sal môreoggend om 05:00 weer 'n opdatering ontvang wat betref die toeganklikheid by die toegang na Danabaai.
Vir enige verdere navrae kan 044 606 5000 gekontak word.
Lees 'n verwante artikel: Vergadering oor protesaksie
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'