Meer as 180 Suid-Afrikaanse welsynsorganisasies het daarby gebaat en alle fondse is gedurende November 2013 verdeel.
Hierdie jaar bied die Tekkie Tax-span jou weer 'n geleentheid om te wys waar jou hart lê op Vrydag, 30 Mei.
Lede van die publiek word gevra om 'n Tekkie Tax plakker aan te skaf vir 'n R10 donasie.
Daar is vyf verskillende plakkers om van te kies, elkeen verteenwoordig 'n spesifieke afdeling van dienslewering.
Afhangende van waar jou hart lê, kies jy een of meer van die afdelings wat jy wil ondersteun met jou R10 plakker donasie:
- Allerande DIERE
- Basiese FAMILIE dienste
- Cool KINDERS
- Dienslewering aan GESTREMDES
- Essensiële ONDERWYS
Jy kan selfs jou tekkies optooi deur 'n paar van hulle super oulike skoenveters 'Tekkie Tags' aan te skaf vir 'n R30 donasie (en die plakker van jou keuse is ingesluit).
Al die begunstigde organisasies bied 'n diens in Suid-Afrika.
Hulle is spesiaal uitgesoek om te verseker dat jou donasie in die beste moontlike manier gebruik sal word, ongeag van die sektor wat jy ondersteun.
Ondersteun Tekkie Tax dag op Vrydag, 30 Mei.
Besoek www.tekkietax.co.za vir meer inligting.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'