MOSSELBAAI NUUS - Die 14de Mosselbaai Kerskunsmark vind vanjaar op 17-19 Desember plaas. Hierdie immergewilde mark word gehou in die Mosselbaai-Suid NG Kerksaal, op die hoek van 15de en 17de Laan, Mosselbaai en is elke dag oop vanaf 08:00-18:00.
Hierdie gewilde mark is jaarliks 'n paradys van unieke handgemaakte geskenke en produkte beskikbaar teen winskooppryse en nie in winkels te koop nie. Produkte soos gebak, koekies en beskuit, geverfde kinder t-hemde en speelgoed, naald-, hout- en kralewerk, boeke, draad- en herwinningsprodukte, plante en vetplante, souse, lekkers, heuning, juwele, klere, skilderye, hondeprodukte, fotorame, snuisterye en vele meer is te koop.
Kom ondersteun die DBV en maak 'n hondjie en katjie bly deur hondepille en katkos te bring.
Heerlike eet- en drinkgoed sal te koop wees. "Hierdie mark is 'n heerlike plattelandse vakansie-ervaring by die see. Bring die familie en vriende en geniet dit saam, terwyl jy jou Kers-inkopies doen.
Vir stalletjiebesprekings of inligting, kontak Cecile (082 224 3865).
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'