MOSSELBAAI NUUS - Die ACVV Kenani bied op Sondag, 12 Mei hulle teelepeltjie-ete aan om 12:00.
Die geleentheid is oop vir die publiek en word juis gehou op Moedersdag.
Die koste is R90 per volwassene en kinders tussen 6-12 jaar oud betaal R40. Kinders jonger as ses betaal R30.
"Kom geniet 'n ete enig in sy soort. Daar is 'n groot verskeidenheid geregte soos vier vleise." Die afvalgereg is 'n gunsteling. Daar word ook groente, slaaie en nagereg bedien. "Bring eie drinkgoed. Familie en vriende is ook welkom."
Hierdie is 'n fondsinsamelingsprojek vir die belangrike dienste aan die bejaarde-gemeenskap.
Kontak Susan Boshoff of Mariana Lategan (044 690 3204 of 690 3794) om plek te bespreek.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'