MOSSELBAAI NUUS - Plaaslike weldoeners, Rudi en Michelle Saayman, of bekend as Team Saayman het die jaar met 'n laaste skenking afgesluit.
Die egpaar het in April vanjaar tydens grendeltyd na die gemeenskap begin uitreik en gaan van krag tot krag.
Verlede week het hulle uitgereik na die Covid-19-pasiënte in die Weskamp-afsonderingsfasiliteit. "Ons het kruiderniers- en tioletware, asook speelgoed vir die Kerstyd geskenk," verduidelik Michelle.
Die skenking is aan departement sosiale ontwikkeling gegee wat dit by Weskamp sal besorg.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'