MOSSELBAAI NUUS - 'n Taxi met 23 passasiers is vanoggend, op 9 September deur munisipale wetstoepassers in Stadionstraat, Uitbreiding 8, voorgekeer.
Die taxi was met 13 passasiers oorlaai.
Die bestuurder het nie ‘n bestuurslisensie aan die beamptes getoon nie en het valse inligting verskaf.
Die voertuig is geskut en na die toetsstasie op Mosselbaai geneem waar dit onpadwaardig verklaar is.
Die bestuurder het van die toneel gevlug en is steeds soek.
‘n Dossier is deur die Da Gamaskop-polisiestasie geopen vir ondersoek.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'