MOSSELBAAI NUUS - Niemand is beseer tydens 'n botsing tussen ‘n taxi en Toyota-bakkie vroeër vandag nie.
Die botsing het op Louis Fourieweg plaasgevind, net ná die Marshstraat-brug in die rigting van die Mosselbaai Mall.
Die taxi-bestuurder en een insittende het aan Mossel Bay Advertiser gesê dat die bakkie se bestuurder glo uit sy baan beweeg en teen die taxi gebots het.
Die polisie en brandweer is op die toneel.
Die taxi wat in die ongeluk betrokke was.
Die ongelukstoneel.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'