MOSSELBAAI NUUS - Nooddienswerkers moes op Donderdagmiddag, 21 September 'n ongelukstoneel op die N2 by die Hartenbos-afrit hanteer waar 'n taxi met 'n voertuig wat padwerkers vervoer het, gebots het.
Na wat verneem word, was die pad deurentyd oop vir verkeer nadat omstanders gehelp het om die wrakstukke van die ryvlakke op te ruim.
Volgens berigte is die bestuurder van die taxi deur beamptes van die provinsiale verkeersdiens in hegtenis geneem vir die vermoedelike bestuur onder die invloed van alkohol.
Daar was na raming vyf persone in die taxi, en ten minste vier padwerkers by die ongeluk betrokke.
Die presiese aard van hul beserings is nie bekend nie, hoewel ooggetuies bevestig het dat niemand in die ongeluk oorlede is nie.
Brandbestryders ondersoek die minibustaxi wat met 'n voertuig wat padwerkers vervoer het, gebots het, om seker te maak dat daar geen brandgevaar bestaan nie. Foto: Dave van der Merwe
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'