Die Raad het 'n Boom Beleid wat al die aspekte rakende die bestuur van bome aanspreek. Die Raad se Taakspan, bestaande uit die Uitvoerende Burgemeester, Raadsdame Marie Ferreira, Raadslid Petru Terblanche, Raadslid Dirk Kotze, die Direkteur Gemeenskapsdienste, die Bestuurder: Tuinbou, Sport en Ontspanning en die Omgewingsbeampte sal vervolgens verantwoordelik wees om, ingevolge die Boom Beleid, 'n opname in Hartenbos te doen om vas te stel waar daar bome is waarvoor meriete bestaan om verwyder of aangeplant te word, en om met die relevante rolspelers te skakel waarna 'n verslag opgestel moet word met aanbevelings vir oorweging.