MOSSELBAAI NUUS - Lede van 'n taakspan van die Da Gamaskop-polisie wat tans die speurders by die stasie ondersteun om verdagtes op te spoor, het besondere sukses behaal.
Gedurende die week was die span besonder bedrywig en het hulle gesorg vir die in hegtenisname van 13 verdagtes.
Die visuele polisiëringshoof van die Da Gamaskop-polisiestasie, lt kol Chris Meiring het die lede geloof vir hulle knap werk.
In een geval is inligting ontvang dat 'n 28-jarige verdagte, wat reeds 'n maand lank gesoek word in verband met 'n saak van roof, hom in die Heiderand-omgewing bevind.
Verder het die inligting ook daarop gedui dat die verdagte reeds betrokke is by die beplan van 'n aantal huisbrake in dié woongebied.
Die taakspan het die verdagte op Woensdag, 7 Maart in Heiderand in hegtenis geneem.
Lede van 'n taakspan van die Da Gamaskop-polisie wat tans die speurders by die stasie ondersteun om verdagtes op te spoor, het besondere sukses behaal.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'