MOSSELBAAI NUUS - Groot blydskap was merkbaar by 'n Mosselbaaise prokureur en haar kliënt toe hy in die rondgaande hof op Oudtshoorn onskuldig bevind is op 'n aanklag van moord.
Prokureur Louise Luterek en haar kliënt, Masithembe January het mekaar omhels toe uitspraak in 'n opspraakwekkende hooggeregshofsaak op Oudtshoorn gelewer is.
Die saak hou verband met die huurmoord wat Magdaleen Titus (42), ook bekend as Maggie, op haar man beplan en uitgevoer het. Justice Mooi is saam met Titus skuldig bevind op 'n aanklag van moord.
Titus en haar man, Preston (47) was 19 jaar getroud en het twee dogters. Mooi was, volgens die staat, die beweerde huurmoordenaar.
Preston is op 1 Desember 2017 in sy huis op die weermagbasis op Oudtshoorn vermoor. Sy kakebeen is gebreek nadat hy vermoedelik met 'n hamer geslaan is. Hy het verskeie sny- en steekwonde aan sy lyf gehad wat met 'n mes toegedien is en is ook verskeie kere met 'n hamer geslaan. Hy is uiteindelik aan bloedverlies dood.
Luterek se kliënt was in Beaufort-Wes toe die moord gepleeg is. Hy het wel kennis van die moord gedra, maar was bang vir Mooi en Titus en het daarom niks oor die moord gesê nie. Hy is onskuldig bevind.
Magdaleen Titus. Foto's: Liezl van Niekerk
Masithembe January was in trane nadat hy onskuldig bevind is. Foto's: Liezl van Niekerk
Van links is Justice Mooi, Magdaleen Titus, Natasha Stuurman en Masithembe January. Foto's: Liezl van Niekerk
Lees vorige artikels:
- Weermagmoord: Geen borg vir Titus
- Weermagmoord: Titus en Mooi skuldig
- Staat vra dat twee uitgespreek word
- Weermagmoordverhoor: uitspraak gaan môre voort
- Weermagmoord: Regter steeds besig met uitspraak
- Weermagmoord: Titus-uitspraak begin vandag
- Weermagmoord: Uitspraak uitgestel na Donderdag
- Uitspraak in weermagmoord volgende week
- Weermagmoord: Slotbetoë begin
- Magdaleen Titus te siek vir hof
- Weermagmoord: Titus te siek vir hof
- Weermagmoordverhoor nader einde
- Stuurman en MJ het van moord geweet
- Weermagmoord: MJ getuig
- Natasha Stuurman steeds in getuiebank
- Stuurman het van beplande moord geweet
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'