Gallery Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Die manne en vroue van Suidkus 4x4-klub het onlangs weer 'n lekker 4x4-uitstappie na Paradise gehad.
Die sand was nog nat na al die reën, maar die 4x4's kon nog steeds lekker speel. Jannie Hoffman het met sy Jeep die voortou geneem en die rigting vir die ander aangedui.
FOTOGALERY: Suidkus 4x4 gaan kuier weer by Paradise
Die eerste vassit was net voor Fugly, maar dit kon vinnig uitgesorteer word met bande wat net meer afgeblaas moes word.
Daarna het die voertuie Fugly aangedurf. Hier was paar toertjies gewys, met van die drywers wat Fugly in tru-rat aangevat het.
Monique van Zyl in haar Jimny het ook vir Joshua de Vos in sy FJ gewys hoe om dit die eerste keer tot bo te maak.
Joshua kon darem bande afblaas en wys wat werklik in die FJ steek. Daar is soos gewoonlik lekker saam gekuier en grappe gemaak. 'n Paar waaghalsiges het die roete weer gaan ry en om Bushdog te gaan aanvat. Dit was lekker prettig, met baie gestampery, maar die wat hom gemaak het, het met breë glimlagte teruggekom.
As jy wil aansluit by Suidkus 4x4 kontak gerus vir Sias Karsten (083 300 103) of Arthur Reyneke (064 524 8307).
VIDEO - Die manne en vroue van Suidkus 4x4-klub het onlangs weer 'n lekker 4x4-uitstappie na Paradise gehad. Die sand was nog nat na al die reën, maar die 4x4's kon nog steeds lekker speel:
Suidkus 4x4-klub het die duine by Paradise aangepak en het groot pret gehad.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’