MOSSELBAAI NUUS - Die gewilde Suid-Kaap vir Jesus-aanbieding word vanjaar vir die laaste keer deur die huidige organiseerders aangebied. Dit is dan ook hoekom die tema The Completion 7th and Final Event so gepas is.
"Die opdrag van ons Koning was om sewe byeenkomste te reël en hierdie jaar sal dit dan die sewende een wees," sê Theo Otto, organiseerder van die geleentheid wat hierdie naweek, 9 en 10 November, by die amfiteater op Hartenbos plaasvind.
"Retief Burger is weer terug om die lof en aanbidding te lei. Terwyl ons Vrydagaand 'n nuwe jong man Pickhard Henn op die verhoog gaan hê om die woord te bring en Saterdagaand is Johnny Louw, die man met die harde stem, weer terug om sy hart te deel.
"Ons is so opgewonde oor wat die Here gaan doen op hierdie naweek dat jy dit eenvoudig net nie kan mis nie. Ons glo dat daar groot wonderwerke gaan plaasvind en dat niemand dieselfde sal wees na die naweek nie. So kom en beleef `n fantastiese naweek in die teenwoordigheid van ons God," nooi Theo.
Hekke open om 17:00 vanmiddag, Vrydagmiddag 9 November, en om 16:00 Saterdagmiddag, 10 November. Daar is kos- en koeldrankstalletjies op die terrein wees.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'