Oud en jonk, groot en klein het met graaf in die een hand en 'n inheemse boom in die ander hand, opgedaag en begin plant.
Bome gee nie net skaduwee vir mens en dier nie, maar is ook die aarde se longe en verskaf kos aan voëls, diere en insekte. Deur 'n boom te plant, skep jy 'n nuwe ekosisteem en op hierdie manier kan jy ook deel in die volhoubare bewa-ring en benutting van spesies.
Bome is 'n simbool van lewe en die plant van 'n inheemse boom kan dien om 'n spesiale gebeurtenis in 'n mens se lewe te herdenk of om jou dankbaarheid teenoor jou Skepper te betoon.
SJB het 16 van die inheemse bome geskenk wat op die dag geplant is. Dit was 'n pragtige lenteoggend en nadat die bome geplant en benat is, is die dag afgesluit met 'n bring-en-braai kuier.
Die Wouter de Vos Skietbaan en opleidingsterrein is op 'n plaas naby Klein-Brakrivier geleë en spog reeds met 'n wye verskeidenheid inheemse boomspesies, almal deur lede aangeplant.
Groot dank gaan aan Christoffel van Zyl, eienaar van Move-It, vir die maak van die gate.
De Rust Ekofees
Verskeie natuurverwante aktiwiteite waarby die hele gesin betrek word, word jaarliks deur die vereniging aangebied.
Een hiervan is die naweek van 26 tot 28 September wanneer die De Rust Ekofees besoek gaan word. Daar gaan in die kampterrein op 'n nabygeleë plaas gekamp word en daar is nog geleentheid om plekke te bespreek. Natuurliefhebbers, jagters en buitelugentoesiaste word uitgenooi om hierin te deel. Bekostigbare gesinspakette is beskikbaar.
Vir meer inligting besoek hulle webwerf, www.suidkaapjagters.co.za.
Klik hier vir 'n verwante nuusflits.

Louis Welman (President SJB), Koos de Wet en Rodney Buchan het ook elkeen 'n boom geplant.

Henco en Dané Lubbe by die boom wat hulle geplant het.

Koos de Wet woel met die huilboerboon wat hy geplant het.

Nelani Nel is baie trots op die boom wat sy geplant het.
'We bring you the latest Mossel Bay, Garden Route news'