Trofeë en skilde is uitgereik aan lede wat presteer het die afgelope jaar.
Presidentstoekennings is toegeken aan twee lede, Naudé Viljoen en Flip Coetzee, asook erelidtoekennings aan Mike Huber en Arthur Lilford vir buitengewone diens aan die Vereniging en die jagbedryf.
Die nuwe bestuur is verkies vir 2015: Louis Welman - president; Neels Meyer - voorsitter; Peet louw - sekretaris; Wynand Fourie - adminbestuurder/ tesourier/ senior opleiding; Arthur Lilford - skietdae; Len Nel - natuurbewaring; George Butler - streeksbestuurder Kus-Wes; Flip Coetzee - kus-Sentraal/ Oos; Deon Greyling - streeksbestuurder Karoo-Sentraal/ Wes; Gideon Joubert - Karoo-Oos; en Johan Moolman – Karoo-Noord.
Die vergadering is bygewoon deur meer as 100 lede.
Die Suid-Kaap jagters- en Bewaringsvereniging is die tuiste van die jagter en natuurbewaarder in die Suid-Kaap. Vir meer inligting oor die vereniging, besoek www.suidkaapjagters.co.za of bel 044 695 2319, info@suidkaapjagters.co.za.

Die nuwe bestuur
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Klein-Karoo nuus'