Gallery Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - ‘n N1 student in sweiswerk aan die South Cape College in Mosselbaai is vanmiddag per ambulans na ‘n plaaslike hospitaal geneem nadat sy voertuig in die sekuriteitskompleks by die toegang na die kampus vasgejaag het.
Volgens ooggetuies het dit voorgekom asof die student waarskynlik ‘n floute beleef het oomblikke voordat sy voertuig in die gebou vasgejaag het.
Die student het die ongelukslagoffer as ‘n vriendelike, fiks jong man beskryf.
Mosselbaai munisipaliteit se brand en rampbestuursdienste se personeel was eerste op die toneel om die ongelukslagoffer te behandel en is bygestaan deur nooddienspersoneel van die munisipale verkeersdiens, die onderskeie ambulansdienste en die SA Polisie.
‘n Verteenwoordiger van die kampus het bevestig dat die jong man ‘n ingeskrewe student is.
Sy mede-studente het beweer dat hy oorspronklik van Oudtshoorn is.
Kyk 'n video hieronder:
Mosselbaai se Brand en Rampbestuurdienste was eerste op die ongelukstoneel om die ongelukslagoffer by te staan.
ARTIKEL, VIDEO & FOTO'S: NICKEY LE ROUX, MOSSEL BAY ADVERTISER NUUSREDAKTEUR
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'