MOSSELBAAI NUUS - Die watervalletjie op die R328 in die Robinsonpas verras verbygangers, veral weens die skrille kontras met die asverbrande dele wat getuig van die brand wat vroeër vandeesmaand groot skade in die omgewing aangerig het.
Anders as die res van die Wes-Kaap, gaan die groter Mosselbaai-area nie gebuk onder waterskaarste nie.
Tóg maan die munisipale bestuurder, adv Thys Giliomee, beide inwoners en besoekers om nie met water te mors nie.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai nuus'