MOSSELBAAI NUUS - Strandspele as deel van die Mosselbaai-sportfees is op 25 September op Santosstrand gehou. Die strandspele word aangebied om kinders van die omliggende gemeenskappe en kleiner plattelandse skole ook die geleentheid te gee om aan 'n sportfees deel te neem.
Die aktiwiteite waaraan die kinders deelgeneem het, was strandsokker, vlugbal, touchies en flags.
Volgens raadslid Willie Liebenberg, het daar sowat 84 kinders aan die spele deelgeneem. "Die dag was 'n groot sukses. Ons het 38 goue sertifikate uitgedeel vir die wenners en 38 silwer sertifikate vir die naaswenners. Die kinders kan nie wag vir volgende jaar se strandspele nie."
Foto's:Alet Engelbrecht
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'