GLENTANA NUUS - Die Soul Festival-organiseerders se stoutste verwagtinge is vanoggend oortref toe meer as 90 mense opgedaag het vir die gratis stap na die wrak op Glentana.
Terselfdertyd het hulle met blou sakke die strand skoongemaak.
Almal het by die Visgraat byeengekom en sal weer daar die oggend se goedvoelstappie afsluit.
Wat 'n beter manier om die siel te voed as om iets vir die omgewing te doen- saam met vriende en familie - en boonop 'n opvoedkundige stappie na die wrak te onderneem.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete nuus'