Die leerders het die geleentheid gehad om hulle dansvermoë en talente aan die gehoor in die Walvissaal by Hartenbos te wys. Vyf onafhanklike beoordeelaars moes die wenners kies. Leerders, onderwysers en ondersteuners van die deelnemers het gejuig en geskree tydens die verskillende items.
Die uitslae was: Mnr en Mej Persoonlikheid is Stephan Visagie en Rouxné van der Westhuizen. Mnr en Mej Fotogenies is Adriaan du Plessis en Gwendeli Marais.
Die tweede prins en prinses is Cyril Botha en Marizhan Prinsloo en die eerste prins en prinses is Frankie Cornelissen en Charné Schoeman.
JP de Koker en Alicia Maart is aangewys as die Mnr en Mej Starganza.

Alicia Maart is as Mej Starganza aangewys.

JP de Koker is aangewys as Mnr Starganza.

Die deelnemers het pret gehad tydens hulle opvoerings.

Dansvertonings was deel van die aand se vermaak.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'