'n Totaal van 21 katte is selfs vanaf Albertinia deur vrywilligers aangery.
Die perseel was 'n miernes van bedrywighede soos vrywilligers gehelp het om die pas-geopereerde diere te help versorg.
Die operasies is deur drie plaaslike veeartse waargeneem en drs Susan Kok, Dempsey de Lange en Arius Fockema word hartlik bedank vir die opoffering van hulle tyd en ervaring om hierdie dag suksesvol te maak.
Baie dankie ook aan Mike Fourie van Danabaai OK Minimark, wat verversings verskaf het en Dana Bay Liquors, wat koeldranke verskaf het.
Die dag sou ook nie so suksesvol gewees het as dit nie vir groot hoeveelheid vrywilligers se hulp en ondersteuning was nie.
'n Groep vrywilligers ontspan met verversings na hulle hulp met die gesteriliseerde diere.Foto: Verskaf
Ilse Wyatt-Goodall en Walter Wagenaar, besig om 'n katjie voor te berei vir sterilsasie. Foto: Tersia Marais
ARTIKEL: TERSIA MARAIS