Die meeste stemlokale, van Friemersheim tot Klein-Brakrivier, het polisieteenwoordigheid, alhoewel daar nog geen voorvalle van oproerigheid was nie.
In Friemersheim was dit vanoggend stil met kiesers wat een-een by die stemlokaal opgedaag het om hul kruisies te trek. By die Laerskool Vorentoe se sportgronde het kiesers in Wyk 4 gestem.
Teen middagete het reeds meer as 600 mense hier gestem. Partyverteenwoordigers het buite stemlokale ‘n feestelike atmosfeer geskep met harde musiek, t-hemde wat uitgedeel is en daar is selfs pannekoek uitgedeel. Hoewel dit baie warm is, waai daar ‘n rukwind wat kiesers vroegoggend nog binnenshuis gehou het.
Partyverteenwoordigers spekuleer dat mense weens die wind vanmiddag in groter getalle by stemlokale sal opdaag.
.jpg)
Die verkiesing in Groot-Brakrivier omgewing het tot dusver vreedsaam afgeloop.
'Ons bring jou die nuutste Groot-Brakrivier, Tuinroete nuus'