HARTENBOS NUUS - 'n Stap vir kanker vind op Saterdag, 24 September in die pragtige omgewing van Ruiterbos plaas.
Die begin- en eindpunt van die 6km-roete is by Ruiterbosch Lodge op die R328-pad wat 30km van Hartenbos is. Inskrywings kan vanaf 07:30 gedoen word met die wegspring wat om 09:00 is.
Die koste is R30 vir volwassenes en ook vir skoolgaande kinders. 'n Gelukstrekking vind om 11:00 plaas.
Boereworsrolle, vetkoek met maalvleis, koeldrank, koffie en tee sal te koop wees. Daar sal waterpunte langs die staproete wees.
Die geleentheid word deur die NG Brandwacht-gemeente aangebied. Vir nog inligting, kontak Liesel (083 422 2141) of Jeanette (082 812 2797).
'Ons bring jou die nuutste Hartenbos, Tuinroete nuus'