TUINROETE NUUS - Die Olive Grovedam in Stilbaai in die Hessequa-streek se vlak het die afgelope week weer met 'n verdere 10% gedaal. Die vorige week het dit met 15% gedaal.
Buiten die Jongensfonteindam wat steeds vol is, het al die ander damvlakke in die streek gedaal.
Die Korentepoortdam het met 3% gedaal, ten spyte van 14mm reën die afgelope week in sy opvanggebied.
Strenger waterbeperkings is van krag in al die dorpe in die streek en inwoners word gevra om water spaarsamig te gebruik.
Die Ernest Robertsondam en die Hartbeestkuildam het die afgelope week konstant gebly terwyl die Wolwedansdam en die Klipheuweldam effens laer vlakke getoon het.
Die stand van damme is soos volg:
7 Maart
- Korentepoortdam - 83%
- Duivenhoksdam - 77,3%
- Olive Grovedam - 70%
- Jongensfonteindam - 100%
- Hartbeestkuildam – 6,7%
- Klipheuweldam – 19,38%
- Ernest Robertsondam – 94,85%
- Wolwedansdam – 88,75%
14 Maart
- Korentepoortdam - 80%
- Duivenhoksdam - 75,3%
- Olive Grovedam - 60%
- Jongensfonteindam - 100%
- Hartbeestkuildam – 6,7%
- Klipheuweldam – 18,27%
- Ernest Robertsondam – 94,85%
- Wolwedansdam – 88,27%
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'