TUINROETE NUUS - Die Hessequa-streek was die afgelope paar maande met goeie reëns geseën, en hierdie maand is nie 'n uitsondering nie met 52mm wat in die Korentepoortdam in Riversdal se opvanggebied gemeet is.
Die afgelope week alleen is 30mm gemeet. Die reeds vol Duivenhoksdam in Heidelberg se vlak het nog 'n bietjie gestyg en die Jongensfonteindam en Olive Grovedam in Stilbaai bly konstant.
Goeie reën die afgelope week het verskeie damme in die Mosselbaai-area aansienlik laat styg. Die Ernest Robertsondam wat laasweek 68.68% vol was is 'n week later 100,545 vol.
Die stand van damme is soos volg:
9 Augustus
- Korentepoortdam - 100,1%
- Duivenhoksdam - 100,2%
- Olive Grovedam - 90%
- Jongensfonteindam - 100%
- Hartbeeskuildam - 3,91%
- Klipheuweldam - 51,99%
- Ernest Robertsondam - 68,68%
- Wolwedansdam - 63,47%
13 Augustus
- Klipheuweldam - 52,86%
16 Augustus
- Korentepoortdam - 100,3%
- Duivenhoksdam - 100,4%
- Olive Grovedam - 90%
- Jongensfonteindam - 100%
- Hartbeeskuildam - 3,96%
- Ernest Robertsondam - 100,54%
- Wolwedansdam - 64,67%
Die Korentepoortdam in Riversdal.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'