TUINROETE | HESSEQUA NUUS - Na goeie reën die afgelope maand in die Korentepoortdam se opvanggebied is die dam steeds oorlopenstoe vol, ten spyte van besoekers en toeriste wat reeds vir die feesseisoen opgedaag het.
Almal se samewerking word egter steeds gevra om nie met water te mors nie.
Die stand van damme is soos volg:
14 Desember
- Korentepoortdam - 100,5% - 42mm reën (maand)
- Duivenhoksdam - 100,48%
- Olive Grovedam - 100%
- Jongensfonteindam - 100%
- Hartbeeskuildam - 5,18%
- Klipheuweldam - 67,57 - 8,4mm reën (week)
- Ernest Robertsondam - 100,68% - 19,4mm reën (week)
- Wolwedansdam - 66,4% - 3mm reën (week)
7 Desember
- Korentepoortdam - 100% - 14mm reën (week)
- Duivenhoksdam - 100,9%
- Olive Grovedam - 100%
- Jongensfonteindam - 100%
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa nuus'