Update
HESSEQUA NUUS - Vir die eerste keer in 'n baie lang tyd is al die damme in die Hessequa-streek 100% vol.
Van ons lesers het laat weet dat die Olive Grovedam in Stilbaai eers in 2003/2004 gebou is en dus nie 20 jaar bestaan nie.
Die inligting was van Hessequa-munisipaliteit ontvang, maar ons maak verskoning vir enige ongerief wat hierdeur aangerig is.
Die Ernest Robertson dam is weer vol na welkome reën die afgelope week in die Eden-streek en drie van die vier damme se vlakke het aansienlik gestyg.
17 November
- Korentepoortdam - 96%
- Duivenhoksdam - 98,5%
- Olive Grovedam - 97%
- Jongensfonteindam - 100%
19 November
- Hartebeeskuildam - 5,43%
23 November
- Korentepoortdam - 100%
- Duivenhoksdam - 100%
- Olive Grovedam - 100%
- Jongensfontein dam - 100%
- Klipheuweldam - 59% (40,4mm reën week). Vorige week - 56,86%
- Ernest Robertson - 100,41% (32,6mm reën week). Vorige week - 87,18%
- Wolwedansdam - 69,65% (31,8mm reën week). Vorige week - 65,67%
Vorige artikel: Olive Grovedam volste in dekades
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'