Die Landmeter-generaal, John Obree, het verlede week op 14 Oktober in Kaapstad aan die Geomatika-instituut gesê die verwarring spruit uit ‘n wanvoorstelling oor die rooilyn-diagramme waarmee in 1879 begin is en wat in 1927 geskrap is.
Met onlangse aansprake is ‘n foutiewe indruk geskep dat strandreserwes van die staat bestaan op private eiendomme aan die kusstrook van 50km tussen Gouritsmond en Stilbaai. Obree sê daar is geen staatsgronde aan hierdie kusgebied nie.