Video
MOSSELBAAI NUUS EN VIDEO - Na die afgelope 2019 Spring Classic liggaamsboukompetisie is van die borge wat die geleentheid ondersteun het, getrakteer met 'n adrenalienbelaaide rit op die Waverider-boot in Mosselbaai.
Rochelle Smit, organiseerder van die Spring Classic liggaamsboukompetisie wat op 5 Oktober by die Diaz Hotel gehou is, het hul borge op Sondag, 13 Oktober trakteer met nog 'n goedgunstige skenking van Kobus van Rensburg van Waverider Mosselbaai.
Met twee 300 perdekrag Suzuki-motors in die waters het die gaste reeds voor die rit begin vrae vra. "Gaan ons nie afval of wat van my rug?" het iemand bekommerd gevra.
‘n Ervaring soos min. Teen ‘n spoed van ongeveer 150km/h is die ondervinding onvergeetlik vir die borge van die Spring Classic Liggaamsboukompetisie 2019.
Na volledige veiligheidsinstruksies deur skipper Kobus, het die twee groepe een na die ander vertrek. Met 'n spoed van tot 150km/h en golwe wat jou in die sitplek laat voel of jy perdry, het almal nadat hul veilig aan land gekom het, gesê dis 'n ervaring wat niemand moet misloop.
Kyk 'n video hieronder:
Tydens die rit is daar by die eiland gestop en is die gaste ingelig oor die eiland, die robbe, haaie se gewoontes. 'n Paar historiese landmerke is op pad terug na die hawe uitgewys.
Volgens Rochelle is besighede en individuele skenkers van Mosselbaai en omgewing die rugmurg van die sport en kultuur van ons mense en dorp en sonder hul bydraes kan geen geleenthede aangebied.
Teen ‘n spoed van ongeveer 150km/h is die ondervinding onvergeetlik vir die borge van die Spring Classic Liggaamsboukompetisie 2019.
Tydens die rit is daar by die eiland gestop en is die gaste ingelig oor die eiland, die robbe, haaie se gewoontes.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'