MOSSELBAAI NUUS - Verskeie leerders is tydens die raadsvergadering op 1 Augustus vir hul sportprestasies vereer.
Die sportprestasies van leerders met spesiale onderwysbehoeftes (LSEN) op die rugbyveld in die sewesformaat het vir drie leerders, Leroy Kiewiet, Diego Edwards en Keano Brown spesiale lof van die raad meegebring.
Raadslede was eenparig in hul gelukwensinge van die sportlui, wat ook die fenominale prestasie van Edwaline Dickson, wat Suid-Afrika in vrouerugby verteenwoordig het, ingesluit het.
"Hoewel julle vandag geëer word, moet julle besef dat julle as sportleiers ook 'n spesiale verantwoordelikheid het; julle is rolmodelle vir veral die jongmense van ons gemeenskap.
Besef dat ander na julle opsien. Ek is trots om julle as verantwoordelike jongmense in Mosselbaai as deel van ons gemeenskap."
Raadsheer Levendal het bygevoeg dat dit maar die eerste geleentheid is waar jongmense wat uitsonderlike prestasie lewer vir hul bydraes tot die Mosselbaai-gemeenskap vereer word.
"Natuurlik het ons nie vandag almal se name nie, dit is die begin en inwoners wat weet van jongmense wat hierdie erkenning verdien, word uitgenooi om die munisipaliteit te kontak.
Ander baanbrekers sal volg in die voetspore van die jongmense wat vandag hier erkenning geniet."
Die burgemeester het bygevoeg dat die groter Mosselbaai die woning is van al sy mense en dat dit tyd is dat erkenning gegee word aan almal wat presteer, ook diegene wat in landelike gemeenskappe woon.
Edwaline Dickson, wat Suid-Afrika in vrouerugby verteenwoordig het word deur die uitvoerende burgemeester, raadsheer Harry Levendal gelukgewens. Foto's: Nickey le Roux
Benrico Kruger van die Olympia Skool op Pacaltsdorp saam met Mosselbaaiers wat vir hul sportprestasies tydens die maandelikse raadsvergadering op 1 Augustus vereer is.
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'